"Son op jou tong" deur CHARL DURAND [boodskap #34711] |
Sat, 23 September 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
SON OP JOU TONG
Charl Durand
daar was 'n godin, 'n lugwaardin
iewers waar ons oor kairo vlieg
het sy my laat lag
oopmond
isis, ek sweer
daars son op jou tong
skilderye van bont
die lugwaardin teen die muur
van my binnehof
wag dat die kaptein aankom
|
|
|
Re: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND [boodskap #34721 is 'n antwoord op boodskap #34711] |
Sun, 24 September 2000 00:00 |
boer...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina,hierdie ou eenvoudige gediggie is nou werklik mooi.
Daar is iets hierin wat 'n mens nogal bybly,iets wat 'n mens laat
wonder,maar tog ook heel eenvoudig.
Ek dink dis nogal 'n oulike stukkie digwerk.
Boertjie
@home.com wrote:
> SON OP JOU TONG
> Charl Durand
>
> daar was 'n godin, 'n lugwaardin
> iewers waar ons oor kairo vlieg
> het sy my laat lag
> oopmond
>
> isis, ek sweer
> daar's son op jou tong
>
> skilderye van bont
> die lugwaardin teen die muur
> van my binnehof
> wag dat die kaptein aankom
|
|
|
Re: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND [boodskap #34722 is 'n antwoord op boodskap #34711] |
Sun, 24 September 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Boer...@eskom.co.za wrote:
> Gloudina,hierdie ou eenvoudige gediggie is nou werklik mooi.
>
> Daar is iets hierin wat 'n mens nogal bybly,iets wat 'n mens laat
> wonder,maar tog ook heel eenvoudig.
>
> Ek dink dis nogal 'n oulike stukkie digwerk.
>
Ek sal hom vertel. Dis nou die tweede keer
in een week dat mense sy digwerk aanprys.
Gloudina
|
|
|